30 ml olyfolie

1 ui, baie fyn gekap

2 knoffelhuisies, fyn gekap

500 g beesmaalvleis

30 ml worcestersous

1 x 410 g-blik gekapte tamaties

45 ml tamatiepasta

180 ml water

5 ml elk sout, suiker en vars gemaalde swartpeper

15 ml gekapte, vars oreganum of 30 ml gekapte, vars basiliekruid

4 eiers

Verhit die olie in ’n pan en braai die ui daarin tot halfgaar. Voeg die knoffel by en braai tot geurig. Voeg die maalvleis by en braai tot goudbruin.

Voeg die res van die bestanddele (behalwe die eiers) by, verhit tot kookpunt en prut stadig vir ongeveer 30 minute. Maak vier holtes in die sous en breek ’n eier in elke holte. Bedek die pan en prut verder tot die eiers gaar is. Lewer 4 porsies.