Dis so ouskool as kan kom, maar ’n sny warm roosterbrood met botter en romerige eiersmeer bly darem maar lekker!

Bestanddele

5 hardgekookte eiers
30 ml goeie mayonnaise
30 ml suurroom
15 ml geroomde maaskaas
Mespunt peperwortelsous
Sout en witpeper na smaak
Swartpeper en brosgebraaide kappertjiesaad, om oor te sprinkel

Snipper die eiers in ’n mengbak. Voeg die mayonnaise, suurroom, maaskaas en peperwortelsous by en druk dit saam met die gesnipperde eiers fyn met ’n vurk. Geur na smaak met sout en witpeper. Skep in ’n bakkie, maal swartpeper oor en sit voor op bros, gebotterde roosterbrood met brosgebraaide kappertjiesaad oorgesprinkel. Lewer 3 porsies