20 ml kerriepoeier

5 ml elk droë brandrissies, fyn gemmer en borrie

3 ml elk fyn kaneel, koljander en komyn

30 ml appelkooskonfyt

10-12 hoenderstukke met vel

Sout en varsgemaalde swartpeper

45 ml olie

10 piekeluitjies, geskil

4 knoffelhuisies, gekap

750 ml hoenderaftreksel

Water

4 groot aartappels, in kwarte gesny

4 groot wortels, in stukke gesny

600 ml bevrore ertjies

Meng die bestanddele vir die kerriepasta en hou eenkant. Geur die hoenderstukke met sout en peper. Verhit die olie in ’n plat swartpot en braai die hoenderstukke daarin tot goudbruin. Skep uit en hou eenkant. Braai die uitjies in die uitgebraaide hoendervet tot halfsag, voeg die knoffel by en braai tot geurig.

Voeg die kerriepasta by en braai vir ’n paar sekondes. Voeg 500 ml van die hoenderaftreksel by en verhit, terwyl jy roer, tot kookpunt. Skep die hoender terug in die pot. Bedek en laat prut vir sowat 45 minute. (Loer halfpad deur die kooktyd en voeg ’n bietjie water by indien nodig.)

Haal die deksel af en pak die aartappels en wortels op die hoender in die pot. Geur met sout en peper. Voeg die res van die aftreksel by en bedek weer. Prut vir ’n verdere 45 minute. Haal die deksel af, gee die pot ’n roer en voeg die ertjies by. Kook deur en sit voor op rys.

Lewer 10 porsies.