250 g botter
500 ml strooisuiker
1 x 397 blik kondensmelk
25 ml vanieljegeursel
15 ml witasyn
5 ml sout

Smeer ’n pan van 20 cm x 20 cm met botter en voer uit met foelie. Smeer weer. Mikrogolf die botter vir een minuut teen 100% (hoog). Voeg suiker en kondensmelk by, maar moenie roer nie. Mikrogolf weer vir een minuut teen 100% (hoog). Roer goed met ’n houtlepel tot suiker opgelos is.

Mikrogolf vir 12 minute teen 100% (hoog). Onderbreek siklus elke drie minute en roer dan goed. Voeg heel laaste die vanieljegeursel, asyn en sout by en klop nou die mengsel met ’n houtlepel tot dit begin verdik en nie meer blink nie, maar ’n dowwe kleur kry. Giet dadelik in die voorbereide pan, smeer gelyk en laat afkoel. Sny in blokkies of druk vorms uit sodra die fudge ferm genoeg is.

Lewer 30 stukkies fudge.