30 ml olie

2-3 groot forelfilette, met vel

80 ml sojasous

2 knoffelhuisies, fyngedruk

5 cm vars gemmer, fyngerasper

30 m heuning

2 groot hande vol babaspinasieblare

Paar stingels grasuie, fyngesnipper

Verhit die olie in ’n swaarboompan en sit die vis met die velkant na onder in die warm pan. Braai aan die een kant tot die vel bros en die vis halfgaar is, maar moenie omdraai nie.

Meng intussen die sojasous, knoffel, gemmer en heuning in ’n bakkie en giet oor die vis in die pan. Verhit tot kookpunt en laat prut die vis in die sous tot dit liggaar en die sous klewerig is.

Sit die vis voor op ’n bed van spinasieblare en giet van die pansouse oor. Sprinkel die grasuie oor en sit voor met ’n aartappelgereg en slaai.

Lewer 2-3 porsies