• 50 g beesmaalvleis
  • 250 g varkmaalvleis
  • 5-7 ml sout
  • 7 ml komyn
  • Swartpeper na smaak
  • 125 ml natuurlike jogurt
  • 180 ml vars broodkrummels
  • 1 appel geskil, ontkern en gerasper
  • 1 ui, gerasper

Blatjangsous

  • 1 ui, gekap
  • 2 knoffelhuisies, gekap
  • 5 ml gerasperde, vars gemmer
  • 30 ml olie
  • 125 ml blatjang
  • 5 ml sojasous
  • 5 ml mosterd
  • 5 ml worcestersous
  • 80 ml vleisaftreksel
  • 30 ml brandewyn
  • Sout en peper na smaak

Frikkadelle:

Voorverhit die oond tot 160 °C en smeer ’n oondbak van 22 cm met olie. Meng al die bestanddele saam tot net gemeng. Vorm in frikkadelle en pak in die bak.

Sous:

Braai die ui, knoffel en gemmer in die olie tot sag. Voeg die res van die bestanddele by, verhit tot kookpunt en prut vir ongeveer 10 minute, tot effens afgekook en geurig.

Giet oor die frikkadelle, bedek met foelie en bak vir 20 minute. Haal die foelie af en bak vir ’n verdere 15-20 minute, tot die vleis deurgaar en die frikkadelle goudbruin is. Sit voor met rys en slaaie.

Lewer 6 porsies

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.