Fynvleislaag

30 ml olie

1 knoffelhuisie, fyngekap

1 groot ui, gerasper

250 ml sampioene, baie fyngekap

1 kg afgekookte, koue fynvleis (gebruik enige boksoort se vleis)

5 ml sout

250 ml elk water en witwyn of rooiwyn

2 lourierblare

6 heel naeltjies

3 ml neutmuskaat

5 ml gemaalde koljander

Varsgemaalde swartpeper na smaak

60 ml tamatiepuree

Vulsel

1 houer (250 g) gegeurde maaskaas

1 rooi soetrissie, fyngekap

6 agurkies, fyngekap

Sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

250 g spinasieblare, gewas, groot are uitgesny en geblansjeer

Geroosterde sesamsaad of dukkah om in te rol

Fynvleislaag: Verhit die olie in ’n kastrol en braai die knoffel, ui en sampioene daarin tot gaar. Voeg die fynvleis en die res van die vleislaag se bestanddele by, verhit tot kookpunt en prut vir minstens 1 uur, tot geurig en nie meer souserig nie. Laat afkoel.

Skep die vleismengsel uit op ’n groot bakplaat wat met kleefplastiek uitgevoer is en smeer die vleislaag egalig. Rol die fynvleislaag egalig met ’n koekroller totdat dit goed saamgebind is. Verkoel terwyl jy die vulsel maak.

Vulsel: Klop die maaskaas, soetrissie, agurkies en sout en peper na smaak goed saam en smeer dit egalig oor die vleisrol. Druk die geblansjeerde spinasieblare droog en pak ’n enkellaag daarvan egalig op die maaskaasvulsel. Rol die vleisrol versigtig met behulp van die kleefplastiek in die lengte op, soos ’n rolkoek.

Draai die vleisrol styf in kleefplastiek toe en sit dit weer in die yskas om goed koud te word. Haal die vleisrol net voor opdiening uit die yskas en rol in geroosterde sesamaad of dukkah. Sny in skywe en sit voor met growwe brood en slaai.

Lewer 10 porsies.

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe. Volg ons op Whatsapp om daaglikse landbounuus op jou selfoon te ontvang.