¦ 3 Kasseltjops, in blokkies gesny

¦ Olie, vir braai

¦ 2 groot uie, in wiggies gesny, of 12 klein baba-uitjies, geskil

¦ 1 pak (300 g) mengsel van vars broccoli en blomkool

¦ 6 eiers

¦ 125 ml room

¦ 125 ml melk

¦ 3 ml vars tiemie, fyn gekap

¦ Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak

Voorverhit die oond tot 160°C.

Braai die blokkies Kasseltjops in ’n bietjie olie in ’n swaarboompan tot goudbruin. Skep uit in ’n oondvaste bak en hou eenkant.

Braai die uie stadig in dieselfde pan tot sag (as jy heel baba-uitjies gebruik, soos op die foto, voeg ’n bietjie water by nadat dit gebraai is, bedek en stoom vir ’n paar minute tot gaar). Meng die uie met die varkvleisblokkies in die oondbak.

Stoom die broccoli en blomkool liggies in ’n bietjie soutwater. Dreineer en voeg dit ook by die varkvleis en uie in die oondbak. Klits die eiers, room en melk saam, voeg die tiemieblaartjies, sout en peper na smaak by en giet oor die vleis en groente in die oondbak.

Bak vir ongeveer 40 minute, of tot die eiermengsel gaar en die bokant goudbruin is. Lewer 4 porsies.