• 1 houer (230 g) roomkaas, gerooktesalm-geur
  • 125 g geroomde maaskaas
  • 125 ml room
  • 2 eiers
  • 45 ml koekmeel
  • 100 g gerookte salm, baie fyn gesny
  • 45 ml gekapte, vars pietersielie of dille
  • 3 ml vars gemaalde swartpeper
  • Sap van 1 groot suurlemoen
  • 15 ml fyngerasperde suurlemoenskil
  • Ekstra roomkaas, swartpeper en stukkies gerookte salm, om af te rond

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n mini-muffinpan goed met olie. Bestuif die holtes met koekmeel en skud die oortollige meel uit.

Klits die roomkaas, maaskaas en room saam tot glad. Voeg die eiers by en klits goed. Roer die meel by. Voeg die salm, pietersielie of dille, peper en suurlemoensap en -skil by en meng deur. Skep in die muffinholtes (maak elkeen net-net driekwart vol) en bak sowat 20 minute tot ferm.

Laat sowat 10 minute in die pan afkoel en maak die kante versigtig met ’n mes los. Lig die kaaskoekies uit en sit louwarm of teen kamertemperatuur voor. Rond af met roomkaas, vars gemaalde swartpeper en ’n repie salm.

Lewer 36 klein kaaskoekies

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.