• 6 hoenderdye, met vel en been
  • Sout en vars gemaalde swartpeper
  • 5 ml gerookte paprika

Vulsel en krummel

  • 3 snye brood
  • 3 ml gerookte paprika
  • 10 ml vars tiemieblaartjies
  • 45 ml olyfolie
  • 2 wiele fetakaas
  • ’n Hand vol kersietamaties
  • ’n Paar takkies vars tiemie
  • Olyfolie

Voorverhit die oond tot 190 °C.

Geur die hoenderdye goed met sout, peper en paprika. Maak die hoenderdye se vel liggies los aan die een kant sodat dit ’n sakkie vorm.

Verwerk die brood, paprika, tiemie en olyfolie in ’n voedselverwerker tot fyn krummels. Krummel een van die wiele fetakaas by en pols weer vinnig om die kaas fyner te maak en by die krummels in te meng.

Skep ’n groot teelepel van die krummelmengsel in die “sakkie” tussen die vleis en vel van elke hoenderdy. Trek die vel oor die vulsel en pak die dye teen mekaar in ’n oondbak. Sprinkel die orige krummelmengsel oor die hoender. Krummel die ander wiel fetakaas grof en sprinkel dit saam met die kersietamaties oor die hoender.

Bedek die oondbak met foelie en bak die hoender vir 30 minute. Haal die foelie af en bak ’n verdere 30 minute tot die krummels goudbruin en bros is, die feta goudbruin en die tamaties oopgebars en gerooster is. Sprinkel ’n paar takkies tiemie en ’n paar druppels olyfolie oor. Sit warm voor.

Lewer 6 porsies

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.