1 groot lamsboud
Vryfmengsel
30 ml gemaalde komyn
15 ml seesout
5 ml gerookte paprika
5 ml gemaalde koljander
Fyngerasperde skil en sap van 1 suurlemoen
5 ml varsgemaalde swartpeper
60 ml olyfolie
Bedruipsel
250 ml klaargekoopte Griekse slaaisous

Ontbeen die lamsboud en vlinder dit eweredig (of vra jou slagter om dit te doen). Meng alles vir die vryfmengsel saam en vryf dit goed in die vleis in. Sit die vleis in ’n lugdigte houer in die yskas en laat marineer vir 1-2 dae.

Haal die vleis uit die yskas en laat dit kamertemperatuur bereik voordat jy dit braai. Braai die boud oor matige kole tot gaar na smaak en bedruip deurentyd met Griekse slaaisous. Haal die vleis van die kole af, laat rus vir 10?minute onder foelie en sny in skyfies. Lewer agt porsies.