- 1,5 kg hoenderporsies

Marinade

- 8 knoffelhuisies

- 3 rooi brandrissies, grofgekap

- Sap en fyngerasperde skil van 1 groot suurlemoen

- 125 ml kookolie

- 30 ml gerookte paprika

- Sout en swartpeper na smaak

- Gekapte, vars pietersielie

Sit die hoenderporsies in ’n groot, verseëlbare plastieksak. Verwerk alles vir die marinade in ’n voedselverwerker tot ’n gladde sous. Giet dit oor die hoenderporsies in die sak. Druk soveel lug moontlik uit die sak en verseël die sak lugdig. Laat marineer die hoender vir minstens 4 uur, maar verkieslik oornag, in die yskas.

Voorverhit die oond tot 190 °C. Keer die hoender en marinade uit in ’n oondbak waarin die hoenderporsies gemaklik in ’n enkellaag pas, met ruimte tussen die porsies. Geur met sout en peper. Bedek met foelie en bak vir 30 minute.

Haal die foelie af en bak vir nog 30 minute tot die hoender gaar en goudbruin en die marinade afgekook is. Sprinkel pietersielie oor en sit voor.

Lewer 6 porsies