¦ 2 groot komkommers of 5 klein komkommers

Piekelvloeistof

¦ 750 ml wit druiweasyn

¦ 500 ml suiker

¦ 12 ml growwe sout

¦ 2 vars lourierblare

¦ 5 ml elk dillesaad, gemengde droë kruie, wit mosterdsaad en swart peperkorrels

Sny die komkommers in dun skyfies en pak dit in ’n groot, gesteriliseerde glasfles. Verhit die res van die bestanddele in ’n kastrol tot die suiker gesmelt is.

Verhit verder tot kookpunt en laat kook vinnig vir 1 minuut. Giet die warm vloeistof oor die komkommers in die fles. Verseël met ’n gesteriliseerde deksel en laat afkoel tot kamertemperatuur.

Laat staan vir minstens drie dae voor jy die piekels gebruik. Lewer 750 ml piekels.