1 groot, ontbeende varkrib, in repe gesny

Marinade

125 ml elk olyfolie en balsamiese asyn

50 ml elk heuning en worcestersous

30 ml blatjang

10 ml sojasous

10 ml vars roosmarynblaartjies, fyngekap

2 knoffelhuisies, in dun repies gesny

3 ml swartpeper

Rol elke ribreep om ’n sirkel te vorm en steek ’n sosatiestokkie daardeur (of steek twee ribrolle op ’n lang sosatiestok, soos op die foto).

Pak die tjops in ’n nie-metaalbak. Meng die bestanddele vir die marinade goed saam en giet oor die tjops. Marineer vir minstens 3 uur, maar verkieslik oornag.

Haal die tjops uit en vee die meeste marinade met ’n kwassie van die tjops af. Braai die vleis stadig oor matige kole en bestryk dit teen die einde van die braaityd met die marinade. Geur met sout terwyl jy braai.

Laat die gaar tjops in ’n braaibak op ’n warm plek rus vir ongeveer 7-10 minute. Sit voor met ’n aartappelgereg of -skyfies en slaai.

Lewer 8 porsies