Murgbene 20 murgbene Sout en peper 5 ml (1 t) vars tiemie Gepiekelde uiesalsa 22 middelslag-rooiuie, fyngesny 5 ml (1 t) sumak sout en peper 70 ml pietersielie, fyngesny 30 ml (2 e) suiker 60 ml (4 e) appelasyn

Om voor te sit

Wilderoket

100 g witlof

Crostini

Vir die murgbene: Voorverhit die oond tot 220 °C. Rooster die murgbene in die oond vir 20-25 minute. Geur na smaak met sout, peper en tiemie.

Vir gepiekelde uiesalsa: Meng die ui, sumak, sout en peper asook pietersielie in ’n mengbak saam. Verhit die suiker en appelasyn in ’n pan tot die suiker opgelos is. Laat afkoel.

Voeg die asynmengsel by die uiemengsel. Maak ’n bed van wilderoket en witlof op ’n bord. Plaas die murgbene bo-op, bedruip met die gepiekelde uiesalsa en sit voor met crostini.

Lewer 4 porsies