• 1,25 kg ryp, rooi tamaties (hou dit heel as jy roma- of kersietamaties gebruik, maar sny in kwarte as dit groot tamaties is)
  • 2 uie, in wiggies gesny
  • 4-6 heel knoffelhuisies
  • 60 ml olyfolie
  • Seesout en vars gemaalde swartpeper
  • 60 ml bruinsuiker of heuning
  • 5 ml gerasperde, vars gemmer
  • 750 ml hoender- of groente-aftreksel
  • 5 ml gemaalde komyn, liggies gerooster
  • 60 ml tamatiepasta
  • 15 ml sojasous
  • 250 ml room

Voorverhit die oond tot 200 ºC. Pak die tamaties, uie en knoffel op ’n bakplaat, bedruip met olyfolie en geur met sout en peper. Sprinkel die suiker of drup die heuning oor. Rooster vir ongeveer 30-40 minute tot goed bruin.

Skep die mengsel in ’n kastrol, voeg die gemmer, aftreksel, komyn, tamatiepasta en sojasous by. Verhit tot kookpunt en laat prut liggies vir ongeveer 35 minute. Verpulp die sop en giet deur ’n sif om van die skilletjies ontslae te raak. Voeg die room by en verhit weer tot kookpunt. Skep in bakkies en rond af met brosgebraaide kruieblaartjies en ’n draaisel swartpeper.

Lewer 8 porsies