1-1,5 kg ryp tamaties, in kwarte gesny (ongeveer 6-8 groot tamaties)

1 rooi ui, grof, gekap

4 heel knoffelhuisies

60 ml sagte bruinsuiker

10 ml gemaalde komyn, liggies gerooster

Seesout en vars gemaalde swartpeper

60 ml olyfolie, plus ekstra vir braai

60 ml tamatiepasta

750 ml hoender- of groente-aftreksel

30 ml sojasous

250 ml room

Basiliekruidblaartjies

Voorverhit die oond tot 200 ºC. Pak die tamaties, ui en knoffel op ’n bakplaat. Sprinkel die suiker en die helfte van die komyn oor en geur goed met sout en peper. Rooster vir 30-40 minute tot goed bruin.

Verhit 'n klein bietjie olyfolie in 'n groot kastrol. Braai die res van die komyn daarin tot geurig. Voeg die tamatiepasta by en braai verder, vir ongeveer 30 sekondes.

Skep nou die geroosterde tamatie-en-uiemengsel in ’n kastrol en voeg die aftreksel en sojasous by. Verhit tot kookpunt en laat prut vir 35 minute.

Verpulp die sop met 'n staafmenger, of laat afkoel en verpulp dit in 'n voedselverwerker. Voeg die room by en verhit weer tot kookpunt.

Skep in bakkies en rond af vars basiliekruidblaartjies en ‘n draaisel swartpeper. Sit voor met kaascroutons.

Kaascroutons
Sny Italiaanse brood (of enige ander korserige brood) in 1 cm dik skywe. Meng 250 ml fyn gerasperde cheddarkaas met 60-80 ml mayonnaise of suurroom en 1 eiergeel. Geur met sout en peper en klop tot goed gemeng. Smeer 'n lagie op elke sny brood en druk in 'n warm oondvir ongeveer 5 minute, of tot die bokante goudbruin en borrelend is.

Lewer 8 porsies.