310 ml koekmeel

5 ml sout

10 ml bakpoeier

5 ml koeksoda

4 x 250 ml (4 k) volkoringmeel

310 ml semels

500 ml mengsel van gekapte neute en sade van jou keuse

500 ml natuurlike jogurt

250 ml warm water

Voorverhit die oond tot 190 °C en smeer twee middelslag-broodpanne met olie. Sif die meel, sout, bakpoeier en koeksoda saam in ’n bak. Voeg die volkoringmeel, semels, neute en sade by en roer goed. Meng die jogurt en water en voeg by die droë bestanddele. Meng tot ’n sagte deeg vorm.

Verdeel tussen die twee panne en bak vir 45- 55 minute tot gaar. Laat effens in die panne afkoel voor jy dit uitkeer. Lewer twee brode (8-10 snye elk). 

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.