30 ml olyfolie

1 kg skaapbladtjops

1 groot ui, gesny

2 knoffelhuisies, dungesny

375 ml vleisaftreksel

1 blik (410 g) gekapte tamaties

Tamatieblik vol water

Sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

125 ml blatjang

1 blik (420 g) botterbone, gedreineer en afgespoel

60 ml gekapte, vars pietersielie

Voorverhit die oond tot 160 .C. Verhit die olie in ’n wye, oondvaste, vlak kastrol en verbruin die tjops daarin. Skep uit en hou eenkant. Braai die ui en knoffel in dieselfde olie tot sag. Sit die tjops terug in die kastrol en voeg die res van die bestanddele, buiten die botterbone en pietersielie, by.

Bedek en bak vir ongeveer 1-1. uur tot die tjops sag is. Voeg nou die botterbone by en bak verder vir nog 30 minute. Haal uit die oond, sprinkel die pietersielie oor en sit voor met rys of koeskoes en slaai van jou keuse.

Lewer 6 porsies.