• 6 repe spekvleis, gekap
  • 90 ml botter 1 groot ui, gekap
  • 2 knoffelhuisies, gekap
  • 6 frankfurters, gesnipper
  • 30 ml gerasperde, vars gemmerwortel
  • 15 ml sterk kerriepoeier
  • 375 ml witrys
  • 3 ml sout
  • 750 ml vleisaftreksel
  • 500 g gaar boerewors, in hapgrootte stukkies gesny

Braai die spek in ’n groot, diep pan tot bros. Voeg die helfte van die botter by en smelt. Braai die ui, knoffel en worsies saam met die spek in die botter tot die uie sag is. Voeg die gemmer en kerriepoeier by en braai tot geurig.

Voeg die rys en sout by en braai vir ’n paar sekondes. Voeg die hoenderaftreksel by, verhit tot kookpunt en bedek. Prut tot die rys amper al die vloeistof geabsorbeer het. Roer die stukkies boerewors by, meng liggies en stip met die orige botter. Laat stoom oor lae hitte vir ongeveer 10 minute. Geur met sout en peper en sit voor. Lewer 6 porsies

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.