Steaks

¦ 4 T-beensteaks, teen kamertemperatuur

¦ Olyfolie

¦ Seesout en vars gemaalde swartpeper

¦ Paar takkies vars roosmaryn

¦ 30 ml botter

¦ 60 ml brandewyn

¦ Skeut vars suurlemoensap

Worcestersous-sampioene

¦ 1 houer (250 g) knopiesampioene

¦ 30 ml botter

¦ 30 ml olyfolie

¦ Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak

¦ 45 ml worcestersous

¦ 45 ml balsamiese asyn

Bedruip die steaks mildelik met olyfolie. Maak ’n groot riffelpan baie warm (sonder enige olie daarin).

Geur die steaks goed met sout en peper net voordat jy dit op die vuurwarm riffelpan neersit. Braai die steaks vir twee minute aan elke kant.

Gooi ’n paar takkies roosmaryn saam met die steaks in die pan en laat die botter ook oor die vleis smelt.

Gooi die brandewyn oor die vleis en laat dit opvlam en brand tot die alkohol afgekook is. Geur die vleis met ’n skeut vars suurlemoensap, haal dit uit die pan, bedek en laat rus vir vyf minute.

Maak intussen die sampioene. Braai die heel sampioene in die botter en olyfolie tot net-net gaar. Geur met sout en peper. Voeg die worcestersous en balsamiese asyn by en braai die sampioene daarin tot die sous afgekook en klewerig is.

Sit die sampioene saam met die steaks voor. Sit voor met grof gesnyde aartappelskyfies en slaai.

Lewer 4 porsies.