• 250 ml suiker
  • 250 ml heuning
  • 250 ml gladde grondboontjiebotter
  • 2 x 250 ml Rice Krispies

Bolaag

  • 100 g sjokolade
  • 45 ml botter
  • Ekstra Rice Krispies, om oor te sprinkel

Voer ’n kleinerige bakplaat met foelie uit en spuit liggies met kleefwerende kossproei (of smeer liggies met botter.) Verhit die suiker en heuning stadig saam oor lae hitte tot die suiker gesmelt is. Verhit tot kookpunt, prut vir 1 minuut en verwyder van die hitte. Roer die grondboontjiebotter by en, sodra die mengsel heeltemal glad is, ook die Rice Krispies.

Roer tot goed gemeng en skep die mengsel in die voorbereide pan. Smeer egalig en druk die mengsel ferm vas. Laat staan tot stewig en gestol. Smelt die sjokolade en botter stadig saam oor lae hitte tot glad. Skep dit oor die koekielaag en smeer gelyk. Sprinkel ’n bietjie Rice Krispies oor die sjokoladelaag terwyl dit nog louwarm is.

Laat staan tot ferm. Sny in blokkies of driehoeke en bêre in ’n lugdigte houer.

Lewer 16 driehoeke

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.