• 1 pakkie (80 g) grenadellajellie
  • 250 ml kookwater
  • 80 ml vars grenadellapulp
  • 500 ml melk
  • 50 ml vlapoeier
  • 25 ml mielieblom
  • 15 ml witsuiker
  • 125 g sagte botter
  • 210 ml strooisuiker
  • 2-3 pakke (200 g elk) Tennisbeskuitjies

Bolaag

  • Halwe blik (ongeveer 1 10 ml) kondensmelk
  • Sap van 1-2 groot suurlemoene

Meng die jellie met die kookwater tot die opgelos is en roer die grenadellapulp by. Laat staan eenkant tot afgekoel. Smeer ’n middelslag-broodpan en voer uit met kleefplastiek. Terwyl die jellie afkoel, maak ’n dik vla met die melk, vlapoeier, mielieblom en suiker en laat dit ook effens afkoel.

Verroom die botter en strooisuiker goed tot lig en donsig. Klits die afgekoelde vla lepel vir lepel by die bottermengsel in en hou aan klits tot glad. Voeg 100 ml van die jelliemengsel by die vlamengsel en klits goed deur. Verkoel tot benodig. Doop nou ’n paar Tennisbeskuitjies in die jellie en pak ’n laag daarvan op die boom van die pan.

Skep ’n dun lagie van die vlamengsel op die beskuitjies, gevolg deur nóg ’n lagie Tennisbeskuitjies wat in jellie gedoop is. Herhaal die lagies en eindig met ’n lagie Tennisbeskuitjies.

Verkoel die tert oornag in die yskas. Keer uit op ’n mooi opdienbord. Klits die kondensmelk en suurlemoensap goed saam tot dik en smeer dit bo-oor die tert. Krummel ’n Tennisbeskuitjie of twee en sprinkel die krummels oor die tert. Sny in skywe en sit voor.

Lewer 10-12 porsies.



© MessengerPeople

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.