- 125 ml kondensmelk

- 125 g botter, gesmelt

- 250 g brosbroodkoekies, fyngekrummel

- Fyngerasperde skil van 1 suurlemoen

- 250 ml klapper

- Versiersel 500 ml versiersuiker, gesif

- Pulp van 2 kleinerige ryp grenadellas

- 30 ml sagte botter

Voer ’n koekpan van 30 cm x 15 cm met bakpapier uit en bespuit dit goed met kleefwerende kossproei.

Meng die kondensmelk en gesmelte botter saam tot goed gemeng.

Voeg die koekiekrummels, suurlemoenskil en klapper by en meng goed.

Druk die mengsel stewig en egalig in die uitgevoerde pan vas.

Meng die versiersuiker, grenadellapulp en botter goed saam tot dik en romerig.

Skep dit oor die koekiebasis en smeer gelyk. Verkoel tot die versiersel hard is.

Sny in blokkies en sit voor.

Lewer 24 blokkies