Beslag
250 ml koekmeel
75 ml mielielblom
5 ml bakpoeier
1 ml sout
5 eiers, geskei
250 ml strooisuiker
100 ml yswater
Vlavulsel
500 ml melk
75 ml vlapoeier
1 ml sout
125 g sagte botter
250 ml strooisuiker
5 ml vanieljegeursel
Paar druppels amandelgeursel
Geroosterde klapper
Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer twee koekpanne van 20 cm elk. Voer met bakpapier uit en smeer weer. Sif die meel, mielieblom, bakpoeier en sout saam. Klits die eiergele en strooisuiker saam tot romerig. Klits die yswater geleidelik by. Vou die droë bestanddele by die eiermengsel in.
Klits die eierwitte tot stywe punte vorm en vou dit ook in. Verdeel die beslag tussen die panne en bak vir 25-30 minute tot gaar. Laat die koeke vir 5 minute in die panne afkoel en keer dan op ’n draadrak uit om tot kamertemperatuur af te koel.
Vir die vulsel, verhit 400 ml van die melk. Meng die res van die melk met die vlapoeier en sout tot glad. Roer die vlamengsel by die warm melk in en verhit stadig, terwyl geklits word, tot kookpunt. Prut tot verdik en gaar. Laat afkoel. Verroom die botter en strooisuiker tot lig en donsig. Roer die vanielje- en amandelgeursel by en klits die koue vla lepel vir lepel by.
Sny elke koeklaag in twee dunner lae en smeer die vulsel tussen die lagies en op die koek.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET
LANDBOUWEEKBLAD EN NETWERK24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier