1 pak (180 g) tortillas
2 avokados, fyngedruk OF 1 bakkie (30g) guacamole
3 tamaties, dun gesny
250 ml fyngerasperde kaas
200 g dun gesnyde ham of salami
Olie, vir braai
Pak tortillas op ’n werksoppervlak uit en smeer elkeen met ’n dun lagie avokado. Pak gesnyde tamaties op helfte van die tortillas en sprinkel kaas oor. Pak ham of salami op tamatie en bedek met ander tortillas (avokado-kant na onder).
Verhit 10 ml olie op ’n slag in ’n pan en braai tortillas tot goudbruin aan albei kante. Sny inwiggies terwyl warm en sit dadelik voor. Lewer 4-5 porsies.
15 Desember 2011
Ons wil graag hê jy moet langer kuier.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET
LANDBOUWEEKBLAD EN NETWERK24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier