3 ekstragroot eiers

160 ml heuning

Fyngerasperde skil van 1 lemoen

5 ml vanieljegeursel

375 ml koekmeel

375 ml fyngemaalde hawermout

10 ml bakpoeier

5 ml kaneel

2 ml sout

250 ml gemengde droëvrugte van jou keuse, fyngekap

250 ml gemengde neute van jou keuse

Klits die eiers, heuning, lemoenskil en vanieljegeursel goed saam tot lig en dik. Voeg die res van die bestanddele by en meng goed met ’n houtlepel tot alles ’n groot deegbal vorm.

Voorverhit die oond tot 160 °C.

Verdeel die deeg in die helfte en vorm elke stuk deeg in ’n rol van ongeveer 25 cm lank. Druk die rol liggies platter met jou hande. Sit die deegrolle op ’n gevoerde bakplaat en bak vir 30 minute, haal uit die oond en laat vir 10 minute afkoel.

Sny elke rol gebakte deeg in skywe van ongeveer 1 cm dik. Pak die biscotti op uitgevoerde bakplate en sit dit terug in die oond vir 10 minute.

Haal weer uit die oond, draai elke biscotti om en bak vir nog 10 minute tot bros. (As die biscotti ná die baktyd nog nie droog is nie, droog dit vir ’n rukkie in die oond uit teen 100 °C.) Laat die biscotti op ’n draadrak afkoel tot kamertemperatuur. Bêre in ’n lugdigte houer.

Lewer 3 dosyn biscotti