Maak seker dat die pampoenpuree nie waterig is nie – dit moet drooggekook wees

625 ml koekmeel

10 ml bakpoeier

5 ml fyn gemmer

5 ml fyn kaneel

3 ml sout

500 ml ligbruinsuiker

200 g botter, gesmelt

375 ml fyngedrukte, gaar pampoen of botterskorsie

3 ekstragroot eiers, geklits

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n groot broodpan met botter. Meng die meel, bakpoeier, gemmer, kaneel en sout saam in ’n groot bak. In ’n aparte bak, meng die suiker, gesmelte botter, pampoen en eiers saam.

Voeg die meelmengsel by en roer tot ’n dik beslag vorm. Skep in die voorbereide pan en bak vir 1-1¼ uur tot deurgaar. Lewer 15 snye. 

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.