Hilda vertel: “Dis trooskos vir mense wat moeg is na liggaam, siel en gees. Wees maar gereed om met die tweede bakslag die bestanddele te verdubbel. Twintig hou skaars ’n paar dae tussen my en Oubaas.


250 g botter of margarien

250 ml suiker

500 g dadels, fyn gekap

1 eier, goed geklits

100 g (125 ml) groen glanskersies

100 g (125 ml) rooi glanskersies

1 x 200 g pakkie Mariebeskuitjies, in klein stukkies gebreek

Klapper, om oor te strooi

Smeer ’n koekpan van 26 cm x 16 cm. Verhit botter of margarien en suiker oor matige hitte en roer tot suiker gesmelt is. Verlaag hitte, voeg dadels en eier by en meng vinnig en deeglik om eier egalig te versprei.


Voeg kersies en koekiestukkies by, meng en haal van die stoof af. Giet mengsel in voorbereide pan en druk dit stewig met die agterkant van ’n glas vas. Strooi klapper oor en laat heeltemal afkoel. Sny in vingers van 3 cm x 6 cm.


Lewer 20 vingers.


Landbouweekblad, 10 September 2010