¦ 1 heel hoender

¦ 1 hoenderaftrekselblokkie

¦ Paar peperkorrels

¦ 1 lourierblaar

¦ 2 heel naeltjies

¦ 1 pak (500 g) spaghetti

¦ 25 g botter

¦ 250 g spekvleis, gesnipper

¦ 2 uie, gekap

¦ 250 g sampioene, gesnipper

¦ 30 ml gekapte, vars pietersielie

¦ 375 ml gerasperde kaas

¦ 250 ml melk

¦ 6 eiers

Sit die hoender saam met die aftrekselblokkie, peperkorrels, lourierblaar en naeltjies in ’n kastrol in genoeg water om die hoender te bedek. Kook tot sag. Laat afkoel en vlok die hoender. Giet die aftreksel deur ’n sif om die naeltjies en lourierblaar te verwyder. Hou die aftreksel eenkant.

Voorverhit die oond tot 180 °C. Kook die spaghetti in ’n katrol vinnig kokende soutwater (met ’n bietjie olie by) tot gaar, maar steeds ferm. Terwyl die pasta kook, verhit die botter in ’n kastrol en braai die spek, uie en sampioene daarin tot gaar. Voeg die pietersielie by. Dreineer die spaghetti en meng dit met die gevlokte hoender en met die spek-en-sampioenmengsel. Voeg die gerasperde kaas by en meng goed.

Skep in ’n groot oondbak en versprei egalig. Klits die hoenderaftreksel, melk en eiers saam en giet oor die hoender-en-pastamengsel. Bak vir ongeveer 45 minute tot ferm en goudbruin.

Laat effens afkoel en sit voor met slaai.

Lewer 10-12 porsies.