• 250 g hoenderlewers, skoongemaak
  • Sout en vars gemaalde swartpeper
  • 3 ml gerookte paprika
  • 3 ml brandrissievlokkies
  • Olyfolie, vir braai
  • 2 ryp avokado’s, geskil en in growwe stukke gesny
  • 4 hardgekookte eiers, in wiggies gesny
  • 3 selderystele, fyn gekap
  • 2 hande vol botterslaaiblare, grof geskeur
  • 100 ml parmesaanskaafsels

Jogurt-en-kruieslaaisous

  • 80 ml natuurlike jogurt
  • 45 ml vars suurlemoensap
  • 30 ml fyngekapte, vars kruie van jou keuse (ons het pietersielie, kruisement en basiliekruid gebruik)
  • 30 ml mayonnaise
  • Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
  • Knippie suiker of druppel heuning

Geur die hoenderlewers met sout en peper, paprika en brandrissievlokkies. Verhit olyfolie in ’n pan tot matig warm en braai die hoenderlewers daarin tot net-net gaar. Haal die pan van die hitte af en laat die lewers afkoel tot louwarm.

Rangskik die avokadostukke, eierwiggies en seldery op ’n bed van botterslaaiblare en skep die louwarm lewertjies daarop. Sprinkel parmesaanskaafsels oor. Roer al die bestanddele vir die slaaisous saam en drup dit oor die slaai.

Lewer 2 groot porsies

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.