Voeg die komkommerrepies reg aan die einde van die gaarmaaktyd by en meng dit net een keer liggies deur die roerbraai – só bly die komkommer lekker bros en vars.

  • 4 hoenderborsies, sonder vel of been
  • Sout en vars gemaalde swartpeper
  • 90 ml sojasous
  • 45 ml suurlemoensap
  • 45 ml olie
  • 1 ui, in dun wiggies gesny
  • 45 ml heuning
  • 1 groen brandrissie, fyn gekap
  • 2-3 knoffelhuisies, fyn gekap
  • 3 cm vars gemmer, fyn gerasper
  • Hand vol jong aspersies
  • 1 komkommer, in baie dun repies gesny

Sny die hoender in hapgrootte stukkies en geur met sout en peper. Sit dit in ’n nie-metaalbak. Meng 45 ml van die sojasous met die suurlemoensap en giet oor die hoender. Meng goed, bedek en laat marineer vir ongeveer 15 minute. Verhit die olie tot baie warm en roerbraai die ui en hoenderrepies vinnig in die warm olie tot amper gaar.

Voeg die heuning en orige 45 ml sojasous by en braai verder tot die sous lekker klewerig is. Voeg die brandrissie, knoffel, gemmer en aspersies by en roerbraai vir ’n paar sekondes. Verwyder van die hitte en voeg die komkommerrepies by. Meng vinnig deur en sit dadelik voor. Jy kan die roerbraai net so of op gestoomde basmatirys voorsit.

Lewer 4 porsies

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe. Volg ons op Whatsapp om daaglikse landbounuus op jou selfoon te ontvang.