15 ml olie

1 ui, gerasper

30 ml gerasperde, vars gemmer

15 ml fyn koljander

5 ml kaneel

5 ml sout

5 ml gemaalde, droë brandrissies

250 ml wit druiwe-asyn of appelasyn

250 ml ligte bruinsuiker

3 groot kwepers, geskil, ontkern en gerasper

2 groot groen appels, geskil, ontkern en gerasper

250 ml – 375 ml water

250 ml gesnipperde dadels

60 ml vars suurlemoensap

Verhit die olie en braai die ui daarin tot sag. Voeg die gemmer, koljander, kaneel sout en brandrissie by en braai vir een minuut. Voeg die asyn en bruinsuiker by en verhit terwyl aanhoudend geroer word tot die suiker gesmelt is. Voeg die kweper by, bedek en prut liggies tot die kwepers sag is.

Voeg die appels, water, dadels en suurlemoensap by. Prut tot glansend. Bottel en laat afkoel tot kamertemperatuur. Bêre die blatjang verkieslik in die yskas. Lewer ongeveer sewe koppies blatjang.