Sowat 20 ryp, maar ferm geelperskes, sonder merke of kneusplekke

Sout

2,5 liter water

400 ml witsuiker

Paar kaneelstokke of steranyssade of ’n vanieljepeul, in die lengte deurgesny

Halveer die perskes, ontpit en skil dit dun af. Sit die perskes in ’n groot bak met ligte soutwater en laat staan dit vir 30 minute. Terwyl die perskes in die soutwater lê, verhit die water, suiker en speserye van jou keuse stadig, terwyl jy roer, tot die suiker opgelos is. Verhit tot kookpunt en kook vinnig vir 10 minute.

Dreineer die perskes en spoel af met skoon water. Sit die perskes in die kokende stroop en kook vir nog 10 minute. Skep uit die stroop en pak die perskes dig teen mekaar in gesteriliseerde flesse. Kook die stroop vir nog so 5 minute, of langer as jy ’n dikker stroop verkies, en giet dit dan oor die perskes in die flesse. (

Daar sal lugblasies tussen die perskes vasgevang wees. Tik die flesse liggies op die werksoppervlak sodat die lugblasies kan ontsnap, of druk ’n tafelmes in elke fles en beweeg die vrugte stadig – dit het dieselfde effek.) Draai gesteriliseerde deksels op en laat afkoel.

Lewer twee groot flesse.