¦ 250 ml wit- of geelmieliemeel

¦ 750 ml water

¦ Sout na smaak

¦ 500 ml koekmeel

¦ 3 ml mosterdpoeier

¦ 2 eiers, geklits

¦ 500 ml gerasperde cheddarkaas

¦ 250 ml fyn biltong

¦ 20 ml bakpoeier

¦ Olie vir braai

Verhit die mieliemeel, water en ’n knippie sout saam in ’n kastrol, terwyl jy aanhoudend roer, tot kookpunt. Prut, terwyl steeds geroer word, ’n dikkerige slap pap. Laat effens afkoel en roer die res van die bestanddele by, tot goed gemeng.

Verhit genoeg olie in ’n pan en braai teelepels vol van die papmengsel in matige warm olie tot goudbruin en gaar. Dreineer op kombuispapier en sit louwarm voor. Lewer 50 poffertjies.