• 8 ekstragroot eiers
  • 750 ml volroommelk
  • 3 ml elk sout en vars gemaalde swartpeper
  • 5 ml aangemaakte mosterd
  • 250 g gerookte ham, gesnipper
  • 250 ml gerasperde cheddarkaas
  • 250 ml gerasperde Gruyère-kaas
  • 10 dik snye Italiaanse brood, soos ciabatta, in blokkies gesny

Klits die eiers, melk, sout, peper en mosterd goed saam. Sit die ham, kaas en broodblokkies in ’n groot, verseëlbare plastieksak en giet die eiermengsel oor. Verseël en draai die sak ’n paar keer om sodat die brood die eiermengsel kan absorbeer en sodat alles goed kan meng.

Verkoel vir 30 minute. Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n losboomkoekpan van 22 cm met olie of botter. Sit die pan op ’n stuk foelie neer en vou die foelie styf om die basis van die pan (sodat die eier nie uitloop as die pan effens lek nie). Sit die pan op ’n bakplaat. Keer die inhoud van die sak uit in die voorbereide koekpan.

Bak vir ongeveer 45 minute tot die bokant goudbruin en die binnekant deurgebak en ferm is. Laat staan vir ’n paar minute, keer die strata uit en sit voor met slaai. Lewer 8 porsies

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.