80 ml olie

80 ml melk

2 ekstragroot eiers

500 ml koekmeel

250 ml gerasperde, sterk kaas (ek het ’n mengsel van Gruyère en cheddar gebruik)

10 ml bakpoeier

3 ml sout

125 ml gekapte, vars kruie van jou keuse

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n middelslag broodpan met olie. Klits die olie, melk en eiers saam. In ’n ander bak, meng die res van die bestanddele en maak ’n holte in die middel.

Voeg die melkmengsel daarby en maak aan tot ’n dik beslag. Skep in die voorbereide pan en bak vir 1 uur tot deurgaar. Laat vir 20 minute in die pan afkoel en keer dan op ’n draadrak uit om verder af te koel. Lewer 8-10 snye. 

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.