• 30 ml gelatien
  • 50 ml koue water
  • 500 ml room
  • 180 ml strooisuiker
  • 1 liter karamelgeur-volroomjogurt

Sprinkel die gelatien oor die koue water en laat staan dit vir sowat 10 minute om te spons. Verhit die room en strooisuiker oor lae hitte, terwyl liggies geroer word, tot net onder kookpunt. Verwyder van die hitte en voeg die gesponste gelatien by.

Roer tot die gelatien heeltemal opgelos is. Voeg die jogurt by en roer tot glad. Giet die mengsel in ’n geskikte vorm, bedek en verkoel oornag. Keer die panna cotta uit op ’n mooi bord en sit voor met karamelsous.

Lewer 10 porsies

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.