2 kg bruismeel
10 ml sout
500 g botter of margarien, gerasper of in klein blokkies gesny
4 x 250 ml klapper
600 ml witsuiker
30 ml anyssaad
1 liter karringmelk
3 ekstragroot eiers

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer 2 tot 3 groot broodpanne goed. Meng die bruismeel en sout saam en vryf die koue botter of margarien daarby in tot dit soos broodkrummels lyk. Voeg die klapper, suiker en anyssaad by en meng deur.

Klits die karringmelk en eiers goed saam, voeg by die droë bestanddele en meng goed. Druk die deeg in die gesmeerde panne en bak vir 1 uur. Laat vir ’n paar minute in die panne afkoel, keer dan uit en laat heeltemal afkoel. Sny in vingers en droog oornag teen ’n baie lae temperatuur uit.

Lewer 14 dosyn beskuit.