Kerriehoender

  • 4-5 groot, gaar hoenderborsies, sonder vel of been
  • 15 ml olie 2 knoffelhuisies, fyn gekap
  • 5 ml fyngerasperde, vars gemmer
  • 30 ml blatjang
  • 100 ml goeie mayonnaise
  • 100 ml natuurlike jogurt
  • Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
  • Slaai 3-4 hande vol gemengde slaaiblare van jou keuse
  • 250 ml pitlose, rooi druiwekorrels, gehalveer
  • 2-3 selderystele, fyn gesnipper
  • 50 g okkerneute, gerooster en grof gekap

Vlok of sny die hoenderborsies in stukkies. Hou eenkant. Verhit die olie in ’n pan en braai die knoffel en gemmer stadig daarin tot geurig. Voeg die blatjang by en braai vir ’n paar sekondes. Verwyder van die hitte en roer die mayonnaise en jogurt by.

Geur die sous na smaak met sout en peper en roer dit deur die hoender. Verkoel tot benodig.

Net voor ete, skep die kerriehoender op ’n bed van die gemengde slaaiblare en sprinkel die druiwe, seldery en okkerneute oor. Sit die slaai voor saam met vars saadbrood of volkoringbrood.

Lewer 4 porsies

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.