30 ml olie
1 groot ui, fyngekap
500 g beesmaalvleis
7 ml kerriepoeier
30 ml tamatiepasta
15 ml koekmeel
125 ml vleisaftreksel
250 ml grofgerasperde wortels
125 ml bevrore ertjies
Sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
800 g skilferkorsdeeg
1 eier, geklits
Verhit die olie in ’n kastrol en braai die ui daarin tot sag. Voeg die maalvleis by en braai tot halfgaar. Voeg die kerriepoeier by en braai tot geurig en tot die vleis gaar is. Voeg die tamatiepasta by en braai vir nog 15-30 sekondes. Sprinkel die koekmeel oor en braai verder vir nog 30 sekondes.
Voeg nou die vleisaftreksel en grofgerasperde wortels en bevrore ertjies by. Verhit tot kookpunt en prut liggies tot die groente gaar en die mengsel lekker dik is. Geur na smaak met sout en peper. Laat die vulsel afkoel tot kamertemperatuur en verkoel tot benodig.
Voorverhit die oond tot 220 °C en sit ’n groot bakplaat in die oond. Bespuit die holtes van ’n muffinpan met kleefvrye kossproei.
Gebruik driekwart van die deeg om die muffinholtes uit te voer: Rol die deeg dunner uit op ’n meelbestrooide oppervlak en druk groot sirkels uit. Voer die muffinholtes daarmee uit. Skep die vulsel in die uitgevoerde holtes.
Rol die orige deeg dun uit en druk sirkels uit wat net groot genoeg is om die vulsel te bedek. Druk die deegsirkels liggies op die gevulde muffinholtes vas en seël die rande met ’n vurk. Sny ’n klein kruisie bo-op elke pastei. Verf geklitste eier oor die deegdeksels en bak die pasteie vir 10 minute.
Verlaag die oondtemperatuur tot 190 °C en bak vir ’n verdere 15-20 minute tot die deeg goudbruin en bros is. Sit die pasteie voor met tuisgemaakte tamatiesous.
Lewer 12 pasteitjies
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET
LANDBOUWEEKBLAD EN NETWERK24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier