• 10 ml olie
  • 10 ml botter
  • 2 uie, fyn gekap
  • 15 ml matige kerriepoeier
  • 1 liter hoenderaftreksel
  • 3 groot patats, geskil en in blokkies gesny
  • 1 blik (410 g) klapperroom
  • Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
  • Klein bietjie vars room, om af te rond

Verhit die olie en botter in ’n groot kastrol en braai die uie daarin tot sag. Voeg die kerriepoeier by en braai vir een minuut. Voeg die hoenderaftreksel en patats by en verhit tot kookpunt.

Prut vir sowat 30 minute of tot die patats sag is. Verpulp die sop (’n staafmenger werk goed) en roer die klapperroom by. Verhit die sop tot kookpunt en geur na smaak met sout en peper. Skep op en rond af met ’n draaisel room in elke bakkie.

Lewer vier porsies