Sjokoladebruintjies (sien resep)

Witsjokolademousse

120 g wit sjokolade, gekap

310 ml dik room

2 ekstragroot eierwitte

80 ml strooisuiker

5 ml vanieljeguersel

Kersiejellie

1 pakkie (40 g) kersiegeur-jellie

200 ml kookwater

200 ml yskoue water

250 g ryp vars kersies, ontpit en gehalveer

Ryp, vars kersies, om af te rond

Bruintjies: Berei die bruintjies voor volgens die resep. Sodra die bruintjies afgekoel het tot kamertemperatuur, bêre dit in ’n lugdigte houer tot nodig.

Witsjokolademousse: Smelt die sjokolade en room saam oor lae hitte tot glad. Laat afkoel tot kamertemperatuur. Klits die mengsel met ’n draadklopper tot dit verdik en sagte punte vorm. Klits die eierwitte styf en voeg die strooisuiker lepel vir lepel daarby. Hou aan klits tot dik en blink. Vou die sjokolademengsel saam met die vanieljegeursel by die eierwitmengsel in. Skep in ’n geskikte bak, bedek en verkoel vir minstens drie uur tot ferm.

Kersiejellie: Gooi die jelliepoeier in ’n hittebestande bak en voeg die kookwater by. Roer goed tot die jelliepoeier alles opgelos is. Voeg die yskoue water by en meng goed. Verkoel tot die jellie net begin verdik. Verdeel die kersies tussen 6-8 nagereg-glase en giet die jellie oor. Verkoel verder tot heeltemal gestol.

Om saam te stel: Skep die witsjokolademousse in ’n spuitsak en spuit ’n laag daarvan op elke porsie kersiejellie. Breek die sjokoladebruintjies in kleiner stukkies en rond elke nageregglas af met ’n paar stukkies sjokoladebruintjie en ’n paar vars kersies.