250 ml suiker

125 ml koekmeel

2 ml sout

2 ml bakpoeier

250 ml klapper, liggies gerooster

100 ml gemaalde amandels (of amandelmeel)

4 ekstragroot eiers

100 g botter, gesmelt

2 ml amandelgeursel

500 ml volroommelk

50 g gevlokte amandels

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n oondvaste bak met ’n bietjie gesmelte botter. Plaas die suiker, koekmeel, sout, bakpoeier, klapper en gemaalde amandels (of amandelmeel) in ’n mengbak en roer dit tot goed gemeng.

Klits die eiers, botter, amandelgeursel en melk in ’n ander bak tot goed gemeng en voeg by die droë bestanddele. Meng goed. Giet die beslag in die voorbereide bak en sprinkel die gevlokte amandels oor.

Bak vir ongeveer 50 minute, of tot die poeding liggoudbruin bo-op en ferm binne-in is. Haal die poeding uit die oond en laat staan vir 10 minute voor dit opgeskep word. Sit voor met vla of geklopte room.

Lewer 6-8 porsies

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.