• 1 kg bruismeel
  • 5 ml sout
  • 310 ml suiker
  • 625 ml klapper
  • 500 g botter, gesmelt
  • 500 ml karringmelk
  • 2 groot eiers
  • 10 ml vanieljegeursel

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n oondpan of twee met olie of botter en voer uit met bakpapier. Smeer weer. Meng die droë bestanddele in ’n mengbak. Klits die botter, karringmelk, eiers en vanieljegeursel saam. Voeg die bottermengsel by die droë bestanddele en meng goed.

Skep die beslag in pan(ne). Bak vir 50-55 minute tot gaar. Keer die beskuit ná 10 minute uit op ’n droograk en laat heeltemal afkoel. Sny in vingers en droog uit tot bros.

Lewer 6 dosyn beskuit.