560 ml koekmeel

5 ml bakpoeier

500 ml fyn klapper

3 ml sout

180 g sagte botter

375 ml witsuiker, plus 180 ml ekstra (vir rol)

2 ekstragroot eiers

5 ml vanieljegeursel

Meng die meel, bakpoeier, klapper en sout in ’n bak en hou eenkant. Verroom die botter en 375 ml witsuiker baie goed saam. Voeg die eiers en vanieljegeursel by en klits goed. Voeg die droë bestanddele by en meng goed tot ’n deeg vorm. Bedek en verkoel vir minstens 2 uur.

Voorverhit die oond tot 180 °C en voer ’n paar bakplate met bakpapier uit. Bespuit liggies met kleefwerende kossproei. Rol die deeg in balletjies en rol elke balletjie in suiker (gebruik die 180 ml ekstra suiker hiervoor). Pak die deegballetjies op die voorbereide bakplate en druk effens platter met ’n vurk.

Bak die koekies vir ongeveer 8 minute of tot die onderkant strooikleurig is. Haal uit die oond en laat die koekies vir ’n paar minute op die bakplate afkoel voor jy dit op draadrakke pak. Laat afkoel tot kamertemperatuur. Bêre in ’n lugdigte houer.

Lewer 3 dosyn koekies