KLASSIEKE BROSKORS

560 ml koekmeel

3 ml sout

170 g yskoue botter, in klein blokkies gesny

Ongeveer 90 ml yswater

Sif die meel en sout saam. Vryf die botterblokkies met jou vingerpunte by die droë bestanddele in tot die mengsel soos broodkrummels lyk.

Voeg die yswater lepel vir lepel by en meng tot klam frummels vorm wat jy in een stuk bymekaar kan druk. Moenie die broskorsdeeg knie nie.

Druk dit net liggies bymekaar, draai lugdig in kleefplastiek of waspapier toe en laat rus vir minstens 2 uur in die yskas. Rou en gaar broskorsdeeg vries ook goed.

Lewer genoeg deeg vir 1 groot, diep quiche of 2 plat- ter middelslag-quiches.

KLASSIEKE EIERVLA VIR QUICHE

3 ekstragroot eiers

2 ekstragroot eiergele

125 ml room, suurroom of dik jogurt

180 ml melk

Sout, varsgemaalde swartpeper en kruie na smaak

Klits die bestanddele vir die eiervla saam tot glad en goed gemeng. Giet versigtig oor die quichevulsel en maak seker die eiervla is eweredig versprei.

Lewer genoeg eiervla vir 1 groot, diep quiche of 2 platter middelslag-quiches.