8-10 hoenderstukke

Gegeurde meel

80 ml olyfolie

20 knoffelhuisies

160 ml witwyn

250 ml hoenderaftreksel

45 ml gekapte vars pietersielie of tiemie

Druk hoender droog en bestuif met gegeurde meel. Skud enige oortollige meel af en braai die hoenderstukke in olie tot goudbruin. Skep uit op ’n bord.

Sit knoffel in ’n pan en braai tot goudbruin. Voeg die wyn by en laat vir 1 minuut afkook. Voeg die aftreksel by, maak die pot toe en laat prut tot die knoffelhuisies sag is.

Druk die saggekookte knoffel fyn met ’n aartappeldrukker. Sit die bruingebraaide hoenderstukke ook in die pot. Bedek en kook vir ongeveer 30-40 minute tot sag.

Lewer 6 porsies.