Slaaisous

7 ml fyngerasperde, vars gemmer

5 ml dijonmosterd

10 ml heuning

45 ml sjerrie- of appelasyn

60 ml olyfolie

Sout en witpeper na smaak

Slaai

250 ml koeskoes 5 ml sout 310 ml kookwater 150 g droë bosbessies

1 middelslagkomkommer, pitte uitgeskraap en in blokkies gesny 200 g fetakaas, grofgekrummel

’n Paar kruisementblare, grofgekap

Klits al die bestanddele vir die slaaisous saam tot goed gemeng. Hou eenkant.

Gooi die koeskoes in ’n groot, mikrogolfbestande bak. Voeg die sout en kookwater by en roer vinnig deur. Bedek met kleefplastiek en laat staan vir 5 minute of totdat al die vloeistof geabsorbeer en die koeskoes sag is. Haal die kleefplastiek af en vlok met ’n vurk.

Voeg die slaaisous by die warm koeskoes, meng dit deur en bedek weer. Laat staan tot die koeskoes afgekoel is. Haal die bedekking af, voeg die bosbessies, komkommer, feta en kruisement by en meng liggies voor jy dit voorsit.

Lewer 4 porsies