• 1 kg bruismeel
  • 15 ml bakpoeier
  • 125 ml suiker
  • 250 ml volkoringmeel
  • 5 ml sout
  • 15 ml sonneblomsaad
  • 150 ml sjokoladebrokkies (chocolate chips)
  • 2 eiers, geklits
  • 1 blik (385 g) kondensmelk
  • 500 ml karringmelk
  • 450 ml ongesoute botter, gesmelt

Voorverhit die oond tot 180 °C. Sif die droë bestanddele saam in ’n mengbak. Voeg die sonneblomsaad en sjokoladebrokkies by. Meng die eiers, kondensmelk, karringmelk en gesmelte botter in ’n afsonderlike mengbak. Voeg die kondensmelkmengsel stadig by die droë bestanddele en knie tot ’n bewerkbare deeg.

Spuit broodpanne met kossproei. Verdeel die deeg eweredig in die panne. Bak vir 45 minute. Laat die beskuit in die panne afkoel. Keer die beskuit uit en sny dit in ewe groot stukke. Droog oornag in ’n lou-oond uit.

Lewer 3 broodpanne

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.